NASIONALE NUUS - Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het besluit om die implementering van die Administrative Adjudication of Road Traffic Offences (AARTO) uit te stel tot 1 Julie 2026.
Die implementering was geskeduleer om op 1 Desember te begin.
Die rede is dat sommige van die munisipaliteite wat deel vorm van die eerste implementeringsfase nie gereed is nie.
Van die uitdagings is dat wetstoepassingsbeamptes en kantoorpersoneel nog nie die nodige opleiding ontvang het nie en die harmonisering van die huidige wetstoepassing stelsel in gebruik deur die verskillende munisipaliteite, asook die befondsing daarvan nog nie gedoen is nie.
Die departement beoog om binnekort die nuwe proklamasie met nuwe datums, wat vanaf 1 Julie 2026 sal plaasvind, te publiseer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’