HESSEQUA NUUS - Die leerlingraad, of 'The Silent Killers', asook die personeel van die skool het vir die eerste keer vanjaar aan die CANSA Relay for life deelgeneem. Die doel van die leerlingraad se deelname was vir die bewusmaking van ovarium kanker.
Hulle het drie kategorieë gewen, naamlik beste kreet, beste banier en vir die beste uitbeelding van die kankerstalletjie.
Die personeel se span het ook 'n prys losgeslaan vir die beste uitrustings.
"Dit was 'n wonderlike geleentheid, die organisering van die dag was van topgehalte en ons sal verseker volgende jaar weer deelneem. Die kinders moet meer blootgestel word aan die soort organisasies. Baie dankie vir ieder en elk se bydrae," het die skoolhoof, Cheryl Beukes gesê.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'