Uit die twee skole is 'n totaal van 57 inskrywings ontvang. Hieroor sê Carol Malan, voorsitter van die Skryfkring: "Ons is dankbaar oor die groot entoesiasme onder die leerders, maar veral ook oor die onmiskenbare vaardigheid en talent van baie van hulle. Ons vertrou dat die skrywers met hul talente sal woeker en sal hulle verdere ontwikkeling fyn dophou."
Die pryse is verlede week by die twee skole aan die leerders oorhandig.

Wenners by Melkhoutfontein. Van links: Hilda Bailey (2de prys gr. 7), Rozanne Kleinhans (3de prys gr. 7), Dayle Kleinhans (1ste prys gr. 8), Doree-ann Clarke (2de prys gr. 8), Stacey-lee Hendricks (2de prys gr. 9). Voor: Damelin Daniëls (1ste prys gr. 7), Johnathon Francies (1ste prys gr. 9).