Gallery
SLANGRIVIER NUUS - Ongeveer 100 dames van Slangrivier en Heidelberg is op Vrouedag in die plaaslike gemeenskapsaal trakteer op ’n heerlike ete wat Louise Esau en haar dogter Frandolene Joseph voorgesit het.
Benewens die dienste van ’n haarstilis en ’n manikuris wat beskikbaar was. het verskeie gassprekers en die dansgroep van die St. Lukes Anglikaanse kerk ook hul deel bygedra om die dag spesiaal te maak.
Lilian Fredericks, pastoriemoeder van St. Barnabas Anglikaanse Kerk, spreek die vroue toe. Foto's: Clive Pretorius, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'