JONGENSFONTEIN NUUS - Coastal Cleanup het Sondag 22 April by Privelistea bymekaargekom om Planeetdag te vier.
"Ons het uitstallings op ons tafels gehad van eko-vriendelike produkte en ander organisasies wat veg vir ons planeet en om diere te beskerm," vertel Miranda van Aardt.
'n Plaaslike gesondheidswinkel het hulle produkte uitgestal wat 100 % chemikalieë vry is, asook gesondheidsprodukte wat in 100 % bioafbreekbare verpakkings verpak is. Die materiaal van die bankies wat 'n restaurant gebruik wat van 100 % herwinbare plastiek gemaak is, asook hul wegneem-ete verpakkings en strooitjies is ook uitgestal.
"Henque Waste het 'n praatjie gelewer oor herwinning, wat ons as gemeenskap kan doen om meer te herwin en ons verduidelik van verskillende herwinbare en nie-herwinbare produkte. Daarna het Bernard Reeksting, afgetrede departementshoof van Polimeer Tegnologie by TUT en navorsingsdirekteur van die sentrum vir Polimeer Tegnologie CSIR/TUT gepraat oor die voorkoming van plastiese besoedeling."
Van Aardt bedank Marco Olivier wat die plek gratis beskikbaar gestel en al die ander borge wat die geleentheid moontlik gemaak het, asook haar span wat gehelp het met al die reëlings en harde werk.
Die volgende skoonmaakaksie is Saterdag 28 April om 10:00 by Ouma Lena se Huis op Melkhoutfontein.
Vir meer inligting kontak Van Aardt by 071 234 9114.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'