HESSEQUA NUUS - Bied Hessequa genoeg vir jongmense aan om hulle besig te hou of kan daar meer aktiwiteite of ontspanningsgeleenthede vir hulle geskep word?
Jasmin Fielies, Riversdal: "Ek dink dit sal lekker wees as daar 'n plek is waar net tieners kan pool speel en ander speletjies. Hier is regtig niks vir ons nie so ons kuier maar by vriende en loop rond."
Karla Conradie, Riversdal: "'n Kuierplek waar ons saam kan kom, gesels en soos arcade speletjies kan speel. Die idee is om saam met ander tieners die lewe te geniet. Ons wil ook afskakel van skoolwerk, maar op hierdie stadium is daar nie plekke waar ons, ons kan besig hou of gesellig saam kan kuier nie, behalwe by jou vriende se huis of hulle by jou huis."
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'