HEIDELBERG NUUS - Na bykans vyf dekades in ’n asbesgebou het die Wes-Kaap onderwys departement (WKOD) Dinsdag, 26 Oktober bekend gemaak dat konstruksie vir ’n nuwe gebou vir De Waalville Primêr vroeg volgende jaar sal begin.
Volgens Hayley Ittmann, WKOD-programbestuurder: Infrastruktuurdienslewering, beloop die beplande koste nagenoeg R60 000 000.
Die kontrakteur is ’n firma van Somerset-Wes, wat voorsiening sal maak om ten minste 30% plaaslike kontrakteurs in diens te neem.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'