RIVERSDAL NUUS - Danville Willemse van Riversdal het 'n tweede plek verower met 'n landswye digkompetisie, Die groot dig en skryf wat oor 10 weke gestrek het.
Die prysuitdeling was tydens 'n galageleentheid in Maart by die Tableview-hotel in Kaapstad waar hy en sy vrou tuis was.
Dit is die tweede keer dat Willemse aan dié strawwe kompetisie deelneem, waartydens hy 'n 11de plek behaal het.
Willemse bedank alle rolspelers wat tot sy ontwikkeling as digter bygedra het en moedig jong mense aan om soos hy, sommer van laerskooldae af versies te begin skryf.
Sy debuutbundel, Tulpe uit my ashoop is onlangs vrygestel, wat handel oor die dood van sy dogter en die emosies wat hy deurgemaak het tydens sy rouproses.
"Ek hoop dat ander persone wat deur dieselfde verlies gegaan het, baat hieruit kan vind in die sin dat hulle ook 'n weg sal vind om oor hul seer te kom," het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'