Gallery Video
WITSAND NUUSFLITS EN VIDEO - Die sesde jaarlikse Pili Pili Whale of a race het Saterdag 29 September plaasgevind.
Kinders so jonk as 11 en volwassenes van 50 jaar en ouer het deelgeneem.
Die roete het naby die hawe begin waarna deelnemers in die see se rigting geroei het. Hulle moes deur golwe spook tot by ’n sandbank waar elkeen sy eie bord moes dra, tot waar die waar die rivierwater weer diep genoeg was om te kon roei.
Hoewel almal die bykans 7 km roete voltooi het, was dit ’n moeilike en uitputtende roei.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'