Update
HEIDELBERG NUUS - Roger Williams (36), munisipale werker op Heidelberg se been moes geamputeer word na die vragmotor waarin hy was, die pad verlaat en omgeslaan het.
Nog 'n werker, Daylin Roberts wat saam met hom was, het slegs ligte beserings opgedoen en is na behandeling by Riversdal-hospitaal dieselfde dag ontslaan.
Die voorval het Dinsdag, 13 Oktober tussen 12:00 en 13:00 ongeveer 500 meter vanaf die kruising in Witsand gebeur.
Volgens ao Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte, dui die voorlopige inligting daarop dat die bestuurder na bewering beheer oor die voertuig verloor en die pad verlaat het, waarna dit omgeslaan het.
Die bestuurder en sy passasier is albei na Riversdal-hospitaal vervoer.
Williams het ernstige beenbeserings opgedoen en na hy gestabiliseer is, is hy na die Life Bay View privaat hospitaal op Mosselbaai oorgeplaas. Sy been moes later geamputeer word.
Die ongelukstoneel.
Vorige artikel: Werker verloor been na ongeluk
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'