RIVERSDAL NUUS - Om bewusmaking te skep oor Wêreldvigsdag, wat elke jaar op 1 Desember gehou word, het Hessequa-munisipaliteit en die departement gesondheid se Riversdal-kliniek op Vrydag 2 Desember saamgespan om 'n optog deur Riversdal se sakekern te hou.
Verskeie rolspelers het daaraan deelgeneem om te help om die boodskap in die gemeenskap te versprei.
Onder hulle was Hessequa-verkeer, Hessequa-brandweer, Working On Fire, Riversdal-polisie, Riversdal-kliniek, Riversdal-hospitaal, Hessequa-munisipaliteit se departement gemeenskapsontwikkeling, Voorwaarts Primêr en Riversdal Kindersorg.
Die groep vroue het entoesiasties aan die staptog deur Riversdal se strate deelgeneem.
'n Groot groep mense het aan die vigsbewusmakingsveldtog deelgeneem. Foto's: Leighton Lewak
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'