HESSEQUA NUUS - Die afgelope week is 112,4% reën in die Korentepoortdam in die Hessequa-streek se opvanggebied gemeet.
Hoewel al die damme in die streek buiten die Olive Grovedam in Stilbaai steeds oorlopens toe vol is, is vlak 2 waterbeperkings in al die dorpe in die streek van krag.
Hessequa was vir jare in 'n droogtegreep gewikkel en moet voorsiening daarvoor gemaak word, sou dit weer gebeur.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'