ALBERTINIA NUUS - Op Donderdag 4 Augustus het 40 dames 'n Vrouedag-geleentheid by Albertinia-biblioteek onder leiding van Selma Prins bygewoon.
Die gasspreker Carina Lourens-Nel, het eer aan alle vroue gebring wat 'n stempel op iemand se lewe afgedruk het, soos ma's, oumas, 'n onderwyser of enige doodgewone vrou.
'n Pragtige gedig, wat haar dogter geskryf het, is voorgelees.
Daar was gelukstrekkings en elke vrou het 'n klein geskenkie ontvang.
"'n Groot dankie aan elke vrou wat gehelp het om van hierdie oggend 'n groot sukses te maak," het Prins na afloop van die verrigtinge gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'