RIVERSDAL NUUS - Na afloop van die Eisteddfod het Voorwaarts Primêr die wisseltrofee vir die Beste Laerskool Spreekkore ontvang. Al die spreekkore, vanaf graad R tot 7 het goud+ verower.
Sewe leerders, vier uit die grondslagfase en drie uit die intersen fase het in die gedigte afdeling almal goud verwerf.
Hulle is: (gr . 3) - Nadine Prins 88%, Wesley Karelse 87%, Abrahmia Cullum 87% en Juhanique Uithaler 83%; (intersen fase) - Biodine Mouries 88%, Sammy-Lynn Slingers 83% en Nickay Tieties 83%.
Kuns:
14 leerders het aan die kunsafdeling deelgeneem, waarvan vier goud verower, sewe silwer en drie brons.
Hulle is: (goud) - Luwaden Hartnick, Jadewin Heradien, Keano Plaatjies en Viona Uithaler; (silwer) - Yuané Adams, Daunté Flink, Jiolan George, Jaden Juta, Lukholethu Njomweni, Chreston van Schalkwyk en Miché van Wyk; (brons) - Tatum Hendricks, Shirwin Kortjé en Byron Saayman.
Die graad 7-spreekkoor.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'