WITSAND NUUS - Die naweek van 23 tot 25 Augustus het 100 Voortrekkers van oral uit die Suid-Kaap in Witsand saamgetrek vir hul jaarlikse seekamp met die tema 'God is ons Stuurman en Anker'.
Die kinders het op die strand baljaar, by Stasie 33 van die NSRI gekuier, in die duine rondgestap en handwerk gedoen.
Voortrekkerwees gaan ook oor diensbaarheid en saam met plaaslike kinders is die houtpaaltjies op die strandfront afgeskuur en weer geverf.
Volgens Tekkies Kotzé is hulle baie dank verskuldig aan die gemeenskapslede wat skuurpapier geskenk het, asook aan Hessequa-munisipalteit vir hul skenking van verf. Sondagoggend het almal 'n erediens by die Roepersfontein-gemeente bygewoon.
Hulle reken die naweek was heeltemal te vinnig verby en 'n langer kamp word vir iewers in September beplan.
Die Vories baljaar in die branders.
Die paaltjies op Witsand se strandfront spog met 'n nuwe laag verf.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'