Update
HEIDELBERG NUUS - Vyf verdagtes is vir diefstal van hengelgerei op Witsand vasgetrek.
Drie volwasse mans is Vrydag 31 Januarie in hegtenis geneem, terwyl twee minderjariges in die sorg van hul ouers vrygelaat is.
Volgens ao. Alroy Windvogel, polisiewoordvoerder, is verskeie voorvalle van diefstal van hengelgerei gedurende die naweek van 25 en 26 Januarie in dié kusdorp aangemeld.
Die vinnige optrede van speurhoof kapt. Eugene le Roux, ao. Batho Joubert, reservis konst. Marius de Beer en Windvogel het gelei tot die opsporing van onder meer 'n aantal gesteelde visstokke en katrolle, 'n net en ander gerei.
Die drie volwassenes van Bonnievale het Maandag 3 Februarie in die plaaslike landdroshof verskyn.
Lees 'n vorige artikel: Verdagtes wat visgerei gaps ingekatrol
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'