HEIDELBERG NUUS - 'n Kerkdiens as bewusmakingsprojek van Polisie Veiligheidsmaand is op 23 September deur die plaaslike polisie en gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) geïnisieer.
Die diens is deur vader C. Fredericks gelei. Die Royal Young Shepherds en die Praise & Worship, asook Nuwe Apostoliese kerkkoor het items gelewer.
Die uitvoerende burgemeester, Grant Riddles was 'n spreker tydens die geleentheid.
Die polisie bedank organisasies en die gemeenskap vir hul teenwoordigheid.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'