RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) nooi die gemeenskap uit om by hul prettige, maar belangrike gemeenskapsdag aan te sluit.
Die gehoor sal meer oor veiligheid op Saterdag 3 November leer, terwyl sangitems en ander vermaak geniet kan word. Enigiemand is welkom om die program wat 10:00 voor die burgersentrum in Van den Bergstraat aangebied word by te woon.
Die doel van hierdie geleentheid is om verhoudings tussen die polisie, GPF en die gemeenskap te bevorder en versterk.
Lt. kol. Delicia Isaacs, plaaslike stasiebevelvoerder, sal gaste verwelkom, terwyl GPF-voorsitter, Beth Paine en Zelda Beukes, Da Gamaskop groepvoorsitter meer oor die doel van die projek gaan vertel.
Bekendstelling van geskenksakkies wat aan behoeftige kinders in die streek uitgedeel gaan word, sal deur Pierre Roode gedoen word.
Slegs koördineerders van organisasies, buurt- en plaaswagte saam met GPF-lede sal tydens die tweede helfte van die program na voorleggings luister terwyl hulle middagete geniet.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'