Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Green Fingers Tuinbouklub van Riversdal het 'n interessante uitstappie op Woensdag 11 April onderneem wat by die NG Kerk Riversdal-Wes begin en op Kransfontein, Stilbaai geëindig het.
Ria Odendaal het 'n inligtingsessie oor die brande van 2017, wat tussen Stilbaai en Riversdal gewoed het, aangebied terwyl Martie van der Vyver haar persoonlike ervarings van dié brande gedeel het.
Die groep se roete na Stilbaai het hulle verby die brandgeteisterde gebiede geneem.
In Stilbaai het hulle by die bekende kunstenaar, Jenny Book aangedoen, asook die olyfplaas, Muffets, waar Kransfontein Olywe en Olyfprodukte geproduseer word.
Ná ‘n ligte middagete is die groep na die aangrensende plaas waar hulle ‘n unieke buitelugouditorium kon besoek.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO'S: ELZA THIART-BOTES, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'