Gallery
ALBERTINIA NUUS - ’n Nuwe onderrigsentrum, Christus Ons Hoop (COS), het op 2 April sy deure vir die eerste keer op Albertinia geopen.
Dit is ’n tuisonderrigsentrum wat van Impaq se leermateriaal gebruik maak.
Die CAPS-kurrikulum (curriculum and assessment policy statement), met Afrikaans as voer- en onderrigtaal vir leerders van gr. R tot gr. 12, sal gevolg word.
Die sentrum het in reaksie op die gemeenskap se behoefte om leerders in Afrikaans en met die Christelike geloof as grondslag te onderrig, ontstaan.
Die skoolhoof, mnr. Albert Myburgh, leerders en ouers staan voor die skool tydens die amptelike opening op 2 April.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'