RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven-leerders, Kristoan Hattingh-Van Wyk en Angelo Bergh is gekies om vanaf 2 tot 4 Mei aan die finale ronde van kykNET se nasionale toneelspelkompetisie by Artscape in Kaapstad deel te neem.
Vanjaar was daar meer as 500 deelnemers vanoor die hele land.
Slegs 60 leerders uit Suid-Afrika en Namibië is hiervoor gekies, waarvan die twee Dasse in die finaal is.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'