RIVERSDAL NUUS - Daar word dringend gesoek na Chiwaco Davids (18) van Panoramastraat, Riversdal.
Hy word sedert Donderdag 4 Julie vermis na hy omstreeks 09:00 winkel toe gestuur is. ‘n Sekerheidswag het hom omstreeks 10:00 in die omgewing van die U Save-winkel in die hoofstraat gesien.
Hy het dringend sy medikasie nodig.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind of hom sien, moet asseblief onverwyld die polisiekantoor by 10111 of 028 713 8500, of kapt. Yolandi Januarie by 078 128 3724 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'