Yolandie van der Vyfer het Maandag, 30 Junie die blye nuus oorgedra dat Zorro teruggevind is na sewe dae. Die blydskap het egter nie lank geduur nie, want volgens haar is die kat wat gevind is toe nie hulle kat nie, maar 'n kat wat identies soos Zorro lyk. "Ons was onder die indruk dis Zorro wat ons gekry het tot Adri Saayman te voorskyn gekom het deur middel van Sandra Lotz van Cars, en gesê het dit is haar kat, Smokey," noem sy.
"Ek is toe met die kat na haar huis om seker te maak dit is wel haar kat. Daar aangekom was die kat heel tuis tussen al die ander diere. Zorro en Smokey is identies, daar is geen uiterlike verskil nie.
"Altwee is langhaar wolkatte met groen oë en wit op hul borsies. Hul het tot dieselfde geaardheid en het toegelaat dat ons hom help," het sy teleurgesteld gesê.
Sy vertel dat die kat, Smokey, vier gebreekte ribbes, asook 'n seer pootjie het. "Hy het ook baie bytplekke, maar ons is net bly dat die kat nou by sy eienaars is. Nou hoop ons net om Zorro te vind. En ons is so dankbaar teenoor al die mense wat ons tot hulp was." Enigiemand wat weet waar Zorro is, skakel asseblief 071 870 5304.
Zorro se familie soek nog na hom.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'