RIVERSDAL NUUS - Die polisie het onlangs 'n man wat glo vir die gebruik van tik bekend is, na afloop van 'n jaagtog gearresteer.
Die jaagtog het moontlik begin na die bestuurder van 'n wit Volkswagen Golf GTi en sy vriende die polisie op Vermaaklikheid getart en probeer uitlok het. In 'n poging om hulle te ontwyk het hulle weggejaag, maar is deur die polisie agtervolg.
Die Golf het verby Kwanokuthula gejaag en waar die pad by die N2 aansluit, teen 'n ander motor gebots.
Na verneem word, is geen dwelms in die motor of by die insittendes en bestuurder gevind nie. Die bestuurder is blykbaar van roekelose en nalatige bestuur aangekla.
• Na vele e-posse en oproepe aan Riversdal-polisie kon die inligting teen spertyd nie deur die polisiewoordvoerder bevestig word nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'