STILBAAI NUUS - Saterdag 29 Julie se stormwind was een te veel vir die splinternuwe kerktoring van die NG Kerk in Stilbaai.
Gelukkig is die binneste staalstruktuur baie goed geanker en hy hou die res van die toring staande.
Die twee leraars, Francois Taljaard en Vian Louw was blitsvinnig op die toneel en so ook die skoonmaakspan van Hessequa-munisipaliteit.
Annette Matthee, bouinspekteur van Hessequa, was ook daar en hulle het die strate afgesper om ongelukke te voorkom. Annette het dan ook gesê dat dit onwaarskynlik is dat die hele toring in duie sal stort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’