Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die verslapping in inperkingsreëls het vir plaaslike drawwers en stappers (en hul honde) as 'n groot verligting gekom.
Sedert die vergunning vir oefen buite die huis tussen 06:00 en 09:00 soggens op Vrydag 1 Mei in werking getree het, is strate in dié dorp weer met vriendelike mense te voet en op fietse bedrywig. Selfs die honde lyk of hulle meer tevrede rondsnuffel.
Die drie ure is kosbaar en oefen is 'n ernstige saak vir sommige. Stilstaan vir vrae antwoord is min, maar so in die verbygaan het amper elkeen gereken dis die beste deel van die dag, die byt in die herfsluggie ten spyt.
Die dorp het 'n hele paar wandelpaaie. Terwyl strande nog verbode terrein is, is 'n paadjie wat langs die rivier en see af kronkel, 'n goeie plaasvervanger. Ander wat nie so ver wou stap of fietsry nie het strate in hul woonbuurte weer lewe gegee. Die geluid van honde wat so in die verbyloop vir mekaar blaf, het sake weer heelwat meer normaal laat voel na die afgelope weke se stilte.
Hier en daar het groepies vriende 'n geselsie aangeknoop, maar sosiale afstand is aan die orde van die dag en maskers word ook meestal pligsgetrou gedra.
Kyk 'n video hieronder:
Hond en baas is ewe gelukkig.
Die honde is sekerlik net so bly oor die uitkomkans.
Fietsryers in Waterkantstraat.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'