STILBAAI NUUS - Stilbaai se lewensredders het reeds ’n hele paar mense uit die moeilikheid gered al is die vakansie nog skaars aan die gang.
In al die gevalle bekend by sowel Lappiesbaai aan die oostekant as Steentjiestrand (Stilbaai-Wes) het niksvermoedende swemmers in sleurstrome beland en nie geweet hoe om daaruit los te kom nie.
Die vakansiegangers wat by Lappiesbaai te hulp gesnel is, was onderskeidelik 11 en 15 jaar oud, terwyl ’n jonger kind by Steentjiestrand uit die water gered moes word.
‘n Dankbare pa het vertel dat ’n stroom ‘al drie sy dogtertjies gevat het’. Een kon uitkom en hy het ingeswem om die ander te gaan red, maar kon dit nie regkry nie.
“Die jong lifeguards het uitgeswem en almal gered,” het hy gesê. Hy was verwonderd en dankbaar oor hoe goed hulle opgelei is en die situasie hanteer het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'