STILBAAI NUUS - Meer as 'n jaar gelede is 'n elektroniese toegangsbeheer stelsel deur die regering opgerig by Stilbaai Hawe.
Terwyl die stelsel staan en oproes is daar 'n mens-gedrewe stelsel in plek, spesifiek in die vakansietyd.
'n Persoon beheer die in- en uitgang met verkeerskegels en skryf kaartjies met die hand uit.
Toegang per voertuig is R5-00, wat werklik min is as jy die netheid van die hawe in ag neem, maar wat is daarvan oor as die salarisse eers betaal is.
Hierdie lyk na 'n tipiese vermorsing van belastingbetaler geld.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’