Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Die Stilbaai-gemeenskapsolisiëringsforum het Saterdag 16 Desember 'n veilgheidsoptog deur Stilbaai gehou.
Die deelnemers was die GPF, Stilbaai-polisie, Hessequa-wetstoepassing, die brandweer, ambulansdiens, Working on Fire (WoF), NSRI asook die buurt- en plaaswagte.
Hulle het by Laerskool Bertie Barnard begin en die optog was tot by die sportterrein waar elke organisasie 'n stalletjie gehad het om inligting aan die publiek te verskaf en vrae te beantwoord.
Video - Johan Victor:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’