Gallery
HEIDELBERG NUUSFLITS - Groot opgewondenheid het op Vrydag 1 Desember by Hoërskool Heidelberg geheers met die afskop van hul eerste Somerskool wat oor drie dae gestrek het.
Die idee is gebore deur ‘n paar ouers wat die probleem raakgesien het van skole wat nie meer tot die laaste dag van die skoolkalender die kinders kan akkomodeer nie as gevolg van toenemende administratiewe druk.
Dit skep egter by baie ouers ‘n probleem met kinders wat vir ‘n week of meer nie toesig het terwyl hulle nog moet werk nie.
Koppe is bymekaargesit oor hoe om die probleem die hoof te bied en die somerskool is gebore.
Die groepie het pret met die spele aktiwiteite wat deur LeeAnne Stoffberg opgestel is.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'