Sy het meer hieroor vertel in 'n e-pos aan Suid-Kaap FORUM: “Ek het in 1999 by die Noord-Wes Universiteit (destyds PU vir CHO) my B.Sc-graad in Biochemie en Mikrobiologie begin met groot onsekerheid oor wat ek nog eendag in my lewe gaan doen.”
Tydens haar voorgraadse studies het dit vir haar duidelik geword dat sy belangstel in die menslike genetika en sy het haar nagraadse studies tot M.Sc-vlak in Biochemie voltooi.
Gedurende die studies het sy by die Potchefstroomse laboratorium vir aangebore metaboliese siektes (PLIEM) begin werk. Hieruit het haar passie ontwikkel vir jong pasiënte, meestal babas met rare genetiese metaboliese siektes.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap FORUM, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'