RIVERSDAL NUUS - Danville Willemse is op Saterdag 15 Oktober by Riversdal-biblioteek as opkomende skrywer aan die aanwesiges bekendgestel. Hy het reeds twee digbundels op sy kerfstok.
Danville het van jongs af 'n passie vir skryf gehad en hy wil graag jongmense aanmoedig om van laerskooldae af te skryf of te dig, al is dit net 'n klein versie.
"Om te kan hoor wat jou werk vir ander beteken, is seker die grootste beloning wat 'n mens kan kry."
Danville het in 2022 tweede plek behaal in 'n landwye digkompetisie. Sy eerste digbundel, Tulpe uit my Ashoop handel oor die dood van sy dogtertjie en die emosies wat hy tydens die rouproses deurgemaak het.
Hy het onlangs sy tweede digbundel Wanneer Laas gepubliseer. Hierdie is nog net die begin vir hiérdie opkomende skrywer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'