RIVERSDAL NUUS - Die RATEM-EISTEDDFOD gaan vanaf 27 tot 30 Augustus plaasvind, alle belangstellendes in die omgewing word genooi om vir hierdie fees in te skryf.
Die leerplan met alle inligting ten opsigte van deelnamevereistes, klasse en elektroniese inskrywingsvorms is reeds aan die skole ge epos.
Ons wys u vriendelik daarop dat slegs elektroniese inskrywings aanvaar en verwerk sal word.
Inskrywings vir drama en musiek sluit op 15 Junie, kuns en skryfkuns sluit 3 Augustus.
Skryf betyds in, aangesien geen laat inskrywings aanvaar sal word nie. Die leerplan is by Nieu-Script beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'