SLANGRIVIER NUUSFLITS - Die nuutverkose beheerliggaam van die plaaslike laerskool is hoogs ontevrede nadat hulle ‘n week nadat hulle verkies is, glo onwettig ontbind is.
Volgens die verkose voorsitter, past. JB Hoogbaard is hulle tydens ’n wettige verkiesing op 8 Maart verkies nadat daar tydens die eerste verkiesing die vorige week, nie ’n kworum was nie.
’n Week later is besware egter van sewe ouers wat op die vorige komitee gedien het, aangeteken.
Hy is glo deur ene Mias du Plessis, kringbestuurder, informeel tydens laasgenoemde se besoek aan die skool ingelig dat die komitee ontbind is.
Millicent Merton, WKOD woordvoerder het aan Suid-Kaap Forum se korrespondent op navraag genoem dat die benoeming en verkiesingsproses nie volgens die riglyne uitgevoer is nie.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'