As deel van die skool se strategie om die Litnum uitslae te verbeter, skryf alle leerders vanaf graad 1 tot 12 elke Vrydag 'n Wiskunde- en Taal-toets.
Volgens mnr. Dennis Karelse, die skoolhoof speel ouers ook 'n sleutelrol in die uitbou van hulle kinders se lees-, skryf en wiskundevaardighede. "Dit is nie genoeg om net jou kind na die skool te stuur nie - daar is baie wat die familie tuis kan doen om hierdie vaardighede uit te bou. Dit is verblywend om te sien hoe baie ouers hulle kinders tuis help met die voorbereiding van die Litnum toetse." het Karelse gesê.
In die afdeling vir Geletterdheid en Syfervaardigheidstoetse het die volgende leerders die beste gevaar vir die eerste kwartaal: Kayla Els (graad 3), Johanna Hartnick (graad 4), Sharon Nomdo (graad 5), Leigh-Hagan Eksteen en Whillestio May (graad 6), Mari-Lee Borrels (graad 7), Ian Oosthuizen (graad 8), Herschelle Goliath (graad 9), Marlon Joseph en Onika Botha (graad 10) en Dano-Lee Nomdo (graad 11) en Monique Britz (graad 12). Baie geluk aan hierdie leerders!
Agter van links: Monique Britz, Ian Oosthuizen, Onika Botha en die skoolhoof, mnr. Dennis Karelse. Middel van links: Sharon Nomdo, Herschelle Goliath, Marlon Joseph en Dano-Lee Nomdo. Voor van links: Leigh-Hagan Eksteen, Mari-Lee Borrels, Whillestio May, Johanna Hartnick en Kayla Els.