STILBAAI NUUS - Lt.Kol Sarah Embrey en Lt.Kol Tracey Shirley-Forde van die Amerikaanse Weermag Reserwe se Mediese Kommandement in Pinellas Park, Florida en Lt.Kol John Clark en Maj Mike Jameson van New York het 'n deel van die SANW se Militêre Akademie Trans Enduro meegemaak.
Met die Akademie se besoek aan Stilbaai het die vier offisiere laat blyk dat hulle spesifiek belangstel in die opheffingswerk wat op die nege dae lange trans enduro gedoen word.
Volgens hulle is daar nie so 'n inisiatief in Amerika nie en die Reserwemag van die Amerikaanse Weermag stel belang om die opheffingswerk moontlik in 2024 te borg.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’