HESSEQUA NUUS - Twintig leerders van Hatties het op 1 Mei by die eerste ronde van radikale redenaars op Riversdal deelgeneem.
Hulle het in die volgende afdelings deelgeneem; Afrikaans Moedertaal Redenaars, Lees-poësie, Lees-prosa, Reading-poetry, Reading-prose. Sewe leerders het deurgedring na die Wes-Kaap-eindronde, wat in Augustus by Hoërskool Stellenberg plaasvind.
Agt leerders is deur na die nasionaal finaal, wat in Oktober by Hoërskool Garsfontein in Pretoria plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'