STILBAAI NUUSFLITS - Die R305 tussen die N2 en Stilbaai wat die afgelope twee jaar gerehabiliteer is en ook geometriese verbeterings ontvang het, is Maandag 11 Junie amptelik geopen.
Die lintknip-seremonie deur die Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, Donald Grant en die uitvoerende burgemeester van Hessequa, Grant Riddles het ongeveer 8 km buite Stilbaai plaasgevind.
Die werk het in Januarie 2016 ’n aanvang geneem en is op 12 Maart 2018 amptelik voltooi.
Werkskepping was aan 260 mense gedurende die 26 maande verskaf, terwyl R11 miljoen aan plaaslike arbeid bestee is.
Grant het genoem dat die waarde wat ’n padrehabilitasieprojek soos dié vir die munisipaliteit beteken, nie onderskat kan word nie en dat dit die ekonomie van die streek sal komplimenteer.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'