HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-polisie het onlangs 'n pluimpie ontvang toe hulle twee vroue net buite die dorp te hulp gesnel het.
Konstabels Keeno Fredericks en Peter-John Gordon, onder leiding van ao Jaco Louwrens was op die N2 net buite die dorp toe hulle op die twee bejaarde vroue by hul voertuig afkom waarvan die regter agterwiel se band pap was. Die twee was glo van Citrusdal na George onderweg toe die band gebars het.
Die polisielede is op sosiale media groot lof deur een van die vroue se dogter toegeswaai en is as helde beskryf.
Volgens die drie lede is dit 'n welkome erkenning, omdat die plaaslike polisie baie kritiek moet verduur, wat soms onregverdig is teenoor hulle wat net hul werk wil doen.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'