HESSEQUA NUUS - Inentingsspanne het die afgelope week die veldtog ook na plaasomgewings in die Hessequa-streek, soos Vermaaklikheid en Vetterivier uitgerol.
“Die sub-distrik het tot Donderdag, 5 Augustus al 11 985 inentings toegedien,” sê Nadia Ferreira, woordvoerder vir die Wes-Kaap departement van gesondheid: Tuinroete en Sentraal-Karoo.
Ander uitreike sluit in Heidelberg (285 inentings), Garcia (48 inentings), Albertinia (29 inentings) en Melkhoutfontein/Spuithoek (16 inentings).
Vir meer inligting oor die inentings, praat met ‘n gesondheidswerker, besoek www.westerncape.gov.za of skakel 0860 142 142.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'