HESSEQUA NUUS - Nie ’n enkele noodlottige ongeluk of lewensverlies het gedurende die somervakansie op die N2 in Hessequa voorgekom nie.
Kenny Africa, Wes-Kaap verkeershoof skryf dit toe aan die hoë sigbaarheid van verkeerspolisie op die pad.
“Daar was elke 20 km verkeersowerhede langs die pad en dit het beslis ’n uitwerking op motoriste se gedrag gehad,” sê hy.
Hy het die publiek bedank vir die foto’s van roekelose motoriste en motorfietsryers wat ander se lewens in gevaar stel deur byvoorbeeld op ’n sperstreep verby te jaag. Hy het belowe dat hulle beslis aan die pen sal ry.
•Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'