HEIDELBERG NUUS - Die voormalige lid van Heidelberg-polisie wat van seksuele aanranding aangekla word, het weer Dinsdag, 1 Maart vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.
Dit spruit uit 'n voorval verlede jaar waar die lid 'n vroulike lid glo onbehoorlik in die dienssentrum sou betas het.
Volgens sers Imorgene Hendricks, plaaslike kommunikasiebeampte is die saak tot Vrydag, 18 Maart uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'