Daar is reeds op 2 Mei berig oor dié unieke projek waar swaarvoertuie getoets word vir lugbesoedeling. Op 6 Junie het die omgewingsdepartement (lugkwaliteit) en die verkeersdepartement wéér swaarvoertuie getoets as deel van omgewingsmaand.
Die toetse is gedoen op die N2 en die projek is positief ontvang deur vragmotorbestuurders. Riversdal is geïdentifiseer as 'n gebied waar die moontlikheid bestaan dat veral voertuiguitlatings (uitlaatgasse), problematies kan raak weens die hoë volume verkeer op die N2-snelweg.
In Riversdal se geval is dit egter meer pertinent weens die N2 wat deur die dorp loop en juis weens dié feit word dit geteiken met dié deurlopende projek. Voertuie word eerstens deur 'n visuele toets gesit en indien dié toets oormatige rook aandui, word die voertuig verder getoets met 'n voertuig rooktoets instrument.
*IN SHORT
With Environment Month in mind the Hessequa Municipality Air Quality and Hessequa Traffic Department conducted smoke emission tests on the N2. The testing was done on 6 June. Riversdale has been identified as a potential area where vehicle emissions could be problematic due to the high volumes of traffic on the N2. First a visual test is done. If there is a high volume of smoke the vehicle is further tested with a vehicle smoke test instrument.

Van links is rdl Charles Prins, Philip Hendricks, Shagon Carelse en Elrico Waterboer, almal verbonde aan die Hessequa munisipaliteit.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'