HEIDELBERG NUUSFLITS - Shirley Swartbooi (80), oudonderwyser en stigter van Kleine Pikkewyne Kleuterskool het Maandag 30 Julie ’n welverdiende erkenning vanaf die munisipaliteit gekry.
Die uitvoerende burgemeester van Hessequa, Grant Riddles het ’n sertifikaat van verdienstelikheid aan haar oorhandig.
Tom Pretorius, wyksraadslid en Annelene Hartnick, voormalige wyksraadslid, asook lede van die beheerliggaam was teenwoordig tydens die verrigtinge by die skool.
Riddles het aan Page en die bestuur verskoning gevra omdat hy nie vroeër aan hul versoek kon voldoen nie. Hy het hulle bedank vir die inisiatief geneem om Swartbooi erkening te gee.
Die verrigtinge is met verversings afgesluit.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'