RIVERSDAL NUUS - : Die skool het gedurende die afgelope week baie moeite gedoen om die 101 nuwe gr. 8-leerders by die skool en veral in die koshuis te verwelkom.
Hierdie groep entoesiastiese jong Bulletjies kom van oor die Wes-Kaap, maar ook so ver as die Oos-Kaap, Namibië en Gauteng.
"Soos elke jaar word baie sterk klem gelê op die Oakdale-waardestelsel en sal hierdie leerders spoedig weet wat word van ware Oakdalers verwag.
Hier word respek, vriendelikheid, opregtheid, netheid en sterk dissipline baie hoog aangeslaan.
Afgesien daarvan dat hierdie jongmanne sal moet groei in Oakdalerskap, sien hulle uit om die geleenthede wat Oakdale bied, aan te gryp," het André Latsky, skoolhoof gesê.
Oakdale se 101 graad 8's.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'