ALBERTINIA NUUS - Die AGS Immanuel-gemeente op die dorp verwelkom past. John en Lindsay Ann Gertse.
Die egpaar is vanaf Aloeridge beroep. Hulle was van 2000 tot 2017 daar en sal nou die Albertinia-gemeente op 'n deeltydse basis vanaf Oudtshoorn bedien.
Gertse het hom die afgelope drie jaar op leierskapsopleiding toegespits.
Hy bedien sedert sy toetrede tot die bediening 20 jaar gelede gemeentes op deeltydse basis en is besig met die skryf van 'n boek oor tentmakerbediening.
Hy sê die Hessequa-streek sal altyd 'n spesiale plek in sy hart hê: "Dit bly ons hartklop om te sien hoe gebroke lewens, gebroke huwelike, gebroke gesinne en 'n gebroke gemeenskap deur die kragtige werking van God almagtig en ons diensbaarheid getransformeer word. Aan almal wat ons tot nou toe ondersteun en vir ons gebid het, baie dankie."
Volgens sy vrou is dit vir hulle duidelik dat ouderling Dawie Jansen, sy familie en die gemeente self hard gewerk het die afgelope jare. Hulle dank die Here daarvoor.
Voor, van links: Past. John Gertse, sy vrou Lindsay Ann, Andries Philander en Alleta Gertse. Agter: Jaylee Ludick, Liam Ludick, Jolee Ann Ludick, past. Leon Prinsloo (SWD-streekvoorsitter), past. Allan Spies (SWD-streektesourier), Maurina van Rensburg, Jaylin van Rensburg en past. Thinus Jafta.Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'