STILBAAI NUUS - Stilbaai NSRI stasie 31 het op Woensdag, 5 Augustus en Donderdag, 6 Augustus twee persone in noodsituasies bygestaan.
In die eerste voorval is ‘n 76-jarige fietsryer ernstig tydens ‘n val op sy rit in die Geelkrans-natuurreservaat beseer, terwyl ‘n vlieërplankryer in die tweede voorval gehelp is om weer veilig die hawe te bereik.
Die fietsryer het intussen aan sy beserings beswyk.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'