RIVERSDAL NUUS - Sang, musiek, drama, voordrag en kuns uit die boonste rakke en dít alles in Riversdal tydens die jaarlikse Ratem-Eisteddfod vanaf 29 Augustus tot 1 September.
Gaan luister na klaviersolo’s en –duette, klassieke kitaar, klawerbord, sang en kooruitvoerings deur talentvolle kinders in die burgersentrum.
Moet ook nie die leerders se danspassies misloop nie in die kerksaal van die NG Moedergemeente in Langstraat.
Die drama-afdeling het na NG Kerk Riversdal-Wes se Vreugdelokaal verskuif. Hier kan geluister word na poësie, monoloë, dialoë en spreekkore.
Uitslae, skryfstukke en sertifikate vir skryfkuns sal teen 1 September uitgestuur word.
Hierdie is ‘n fees vir Riversdal en sy mense. Woon dit by en wees deel daarvan.
Die program is by Nieu Script beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'