SLANGRIVIER NUUS - ’n 62-Jarige inwoner van Slangrivier, Petrus Kleynhans wat by die plaaslike kliniek aangemeld het om sy tande te trek, het in die wagkamer inmekaar gesak, blykbaar kort nadat hy ingespuit is.
‘Klonkie Dots’ is Vrydagoggend net voor 12:00 op die toneel oorlede.
Volgens sy bedroefde vrou, Magdalena (Flek) het die tandarts haar meegedeel het dat sy nie bewus was dat hy ’n kroniese pasiënt was nie.
“Hy het volgens die tandarts op al die vrae oor sy gesondheid genoem dat hy nie allergies is, of aan enige dreigende siekte ly nie.”
Begrafnisreëlings was teen druktyd nog nie bekend nie
Amptelike terugvoering van die Wes-Kaapse regering gesondheid, Slangrivier:
Aangesien ’n saak by die polisie aanhangend is, kan ons nie verdere kommentaar lewer nie. Die Wes-Kaapse departement van gesondheid gee sy volle samewerking en sal die nadoodse verslag aan die polisie bekend maak.”
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'