Update
HEIDELBERG NUUS - 'n Man (58) is Saterdagaand 9 Desember noodlottig beseer toe die motor waarin hy en nog 'n passasier was, die pad verlaat en 'n paar keer gerol het voor dit tot stilstand gekom het.
Die bestuurder, Jakobus Bonthuys van Hartenbos, het blykbaar beheer oor die voertuig verloor.
Hy het op die toneel aan menigvuldige beserings beswyk.
Die voorval het ongeveer 20:55 sowat 5 km buite die dorp op die N2, rigting Swellendam plaasgevind.
"Sy passasier, Louis Bornman, is op die toneel vir verskeie beserings behandel voor hy na Riversdal-hospitaal vervoer is," het ao. Alroy Windvogel, plaaslike polisiewoordvoerder gesê. Geen verdere inligting oor sy toestand was teen saktyd beskikbaar nie.
'n Saak van strafbare manslag is geopen en 'n lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal.
Die ondersoek duur voort.
Lees 'n verwante artikel: Man sterf toe kar rol
ARTIKEL & FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'